Die boom
Die dae van die normale Kersbome is verby. Ons doen dit van nou af self. Oor die jare het ons al ’n groot verskeidenheid Kersbome gesien, party meer ongewoon as ander, maar almal oorspronlik en maklik om self te maak. Probeer vanjaar iets anders.
Lig en lekker
Sit ’n droë garingboom in ’n pot en versier met kleurvolle soetkoekies.
Inheems en lewend
Die inheemse Afrikaanse buksboom (Buxus macowanii) met sy fyn loof en spits vorm is die ideale Kersboom. Die boompie hou van skaduwee en is uiters geskik as houerplant. En omdat hy stadig groei, kan jy hom na Kersfees in sy houer los en volgende jaar weer gebruik.
Uit die tuin
Kry ’n paar takke in jou tuin, pak dit in ’n groot, ou pot en versier met verweerde draadharte, engele en sterre.
Bak ’n boom
Gemmerkoekiedeeg word lekker hard wanneer dit gebak word, en is ideaal om Kersboomkoekies of selfs ’n Kersboompie te maak. Vorm een groot driehoek en twee die helfte so groot met die deeg en bak dit. Meng versiersuiker en eierwit tot ’n dik, wit versiersel en gebruik dit om die driehoeke met lekkers te versier. Sodra dit droog is, heg die twee halwe driehoeke aan die groot driehoek om ’n boompie te vorm.
Kinderhandjies
Met kinders wat so gou grootword, is ’n Kersboom van hul handjies net die ding om harte te steel en vir altyd te bêre. Koop ’n skilderdoek by ’n kuns- of skryfbehoeftewinkel. Kies vier of vyf skakerings van groen vir die boom se blare, bruin verf vir die boom se stam en silwer of goud vir die boonste handjie. Help jou kinders of kleinkinders om hul handjies te verf en versigtig in die vorm van ’n Kersfeesboom op die skilderdoek te druk. Dis nie nodig om die agtergrond van die skilderdoek ook te verf nie – die boompie staan mooi uit teen die wit. Hang dit tydens die feestyd teen ’n muur of stal dit op ’n kaggelrak uit.
In ’n blik gedruk
Maak steggies van al jou woestynrosies en plant dit in klein blikbekers. Hang die bekers in ’n driehoekvorm wat aan ’n Kersboom herinner teen ’n ou hek. Hou party bekers leeg vir afwisseling.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie