Welkom by Google se privaatheidsbeleid

Wanneer jy Google-dienste gebruik, vertrou jy ons met jou inligting. Hierdie privaatheidsbeleid is bedoel om jou te help om te verstaan watter data ons insamel, hoekom ons dit insamel en wat ons daarmee doen. Dit is belangrik; ons hoop jy sal die moeite doen om dit versigtig te lees. En onthou, jy kan by My rekening kontroles vind om jou inligting te bestuur en jou privaatheid en sekuriteit te beskerm.

Privaatheidsbeleid

Versteek voorbeelde
Wys voorbeelde
Versteek voorbeelde

Laas verander: 02 Oktober 2017 (kyk na geargiveerde weergawes) (Die voorbeelde met hiperskakels is aan die einde van hierdie dokument beskikbaar.)

Laai PDF-weergawe af

Daar is verskeie maniere waarop jy ons dienste kan gebruik – om inligting te soek en te deel, om met ander mense te kommunikeer of om nuwe inhoud te skep. Wanneer jy inligting met ons deel, byvoorbeeld deur 'n te skep, kan ons daardie dienste selfs nog beter maak – om vir jou en advertensies te wys, om jou te help om of om deling met ander mense vinniger en makliker te maak. Wanneer jy inligting met ons deel, byvoorbeeld deur ’n nuwe Google-rekening te skep , kan ons daardie diens selfs beter maak – om vir jou meer relevante soekresultate en advertensies te wys, om jou te help om met mense in verbinding te tree, of om dit vinniger en makliker te maak om inligting met ander te deel. Terwyl jy van ons dienste gebruik maak, wil ons hê jy moet verstaan hoe ons inligting gebruik en op watter manier jy jou privaatheid kan beskerm.

Ons privaatheidsbeleid verduidelik die volgende:

  • Watter inligting ons insamel en waarom ons dit insamel.
  • Hoe ons daardie inligting gebruik.
  • Die opsies wat ons bied, insluitend hoe om toegang tot inligting te verkry en dit op te dateer.

Ons het probeer om dit so eenvoudig moontlik te hou, maar as jy nie vertroud is met terme soos webkoekies, IP-adresse, piekselmerkers en blaaiers nie, lees dan eers op oor hierdie sleutelterme. Jou privaatheid is vir Google belangrik, so of jy ’n gereelde of nuwe gebruiker van Google is, doen asseblief die moeite om ons praktyke te leer ken − en as jy enige vrae het, kontak ons gerus.

Inligting wat ons insamel

Ons samel inligting in om beter dienste aan al ons gebruikers te lewer – van basiese dinge soos om uit te vind watter taal jy praat tot meer komplekse dinge soos watter advertensies jy die nuttigste sal vind, watter mense vir jou die belangrikste is aanlyn of watter YouTube-video's jy dalk van sal hou.

Ons samel inligting op die volgende maniere in:

  • Inligting wat jy vir ons gee. Byvoorbeeld, baie van ons dienste vereis dat jy aansluit om 'n Google-rekening te kry. Wanneer jy dit doen, sal ons vir persoonlike inligting vra, soos jou naam, e-posadres, telefoonnommer of kredietkaart om saam met jou rekening te berg. As jy ten volle gebruik wil maak van die delingfunksies wat ons bied, kan ons jou ook vra om 'n Google-profiel te skep wat vir die publiek sigbaar is en wat jou naam en foto kan insluit.

  • Inligting wat ons deur jou gebruik van ons dienste kry. Ons samel inligting in oor die dienste wat jy gebruik en hoe jy dit gebruik, soos wanneer jy 'n video op YouTube kyk, 'n webwerf besoek wat ons adverteringdienste gebruik, of as jy ons inhoud of advertensies bekyk en daarmee handel. Hierdie inligting sluit in:

    • Toestelinligting

      Ons samel toestelspesifieke inligting in (soos jou hardewaremodel, bedryfstelselweergawe, unieke toestelidentifiseerders en selnetwerkinligting, insluitend foonnommer). Google kan dalk jou toestelidentifiseerder of foonnommer met jou Google-rekening assosieer.

    • Log-inligting

      Wanneer jy ons dienste gebruik of inhoud bekyk wat deur Google voorsien is, samel ons outomaties sekere inligting in en stoor dit in bedienerloglêers. Dit sluit in:

      • details oor hoe jy ons diens gebruik het, soos jou soeknavrae.
      • telefonie-loginligting soos jou foonnommer, gespreksgenoot se nommer, aanstuur van nommers, tyd en datum van oproepe, SMS roetebepalingsinligting en soorte oproepe.
      • Internetprotokol-adres
      • toestelgebeurtenis-inligting soos programomvalgebeure, stelselaktiwiteit, hardeware-instellings, die tipe webblaaier wat jy gebruik, taal van webblaaier, die datum en tyd van jou versoek en die verwysde URL.
      • webkoekies wat jou webblaaier of jou Google-rekening as uniek kan identifiseer.
    • Liggingdetails

      Wanneer jy Google-dienste gebruik, kan ons dalk inligting oor jou ware ligging insamel en verwerk. Ons gebruik verskeie tegnologieë om ligging te bepaal, insluitend IP-adres, GPS en ander sensors wat Google byvoorbeeld van inligting oor nabygeleë toestelle, Wi-Fi-toegangspunte en selfoontorings kan voorsien.

    • Unieke programnommers

      Sekere dienste sluit ’n unieke programnommer in. Hierdie nommer en die inligting oor jou installasie (byvoorbeeld die soort bedryfstelsel en programweergawe-nommer) kan na Google gestuur word wanneer jy daardie diens installeer of deïnstalleer, of wanneer daardie diens ons bedieners van tyd tot tyd kontak, bv. vir outomatiese opdatering.

    • Plaaslike berging

      Ons kan inligting (insluitend persoonlike inligting) plaaslik insamel en op jou toestel berg deur meganismes soos blaaier-webberging (insluitend HTML 5) en programdata-hulpgeheues te gebruik.

    • Webkoekies en soortgelyke tegnologieë

      Ons en ons vennote gebruik verskeie tegnologieë om inligting in te samel en te berg wanneer jy 'n Google-diens besoek, en dit kan insluit om webkoekies of soortgelyke tegnologieë te gebruik om jou toestel of blaaier te identifiseer. Ons gebruik ook hierdie tegnologieë om inligting in te samel en te berg wanneer jy gebruik maak van dienste wat ons aan ons vennote bied, soos adverteringdienste of Google-kenmerke wat op ander werwe kan voorkom. Ons produk Google Analytics help besighede en werfeienaars om die verkeer na hul webwerwe en programme te ontleed. Wanneer dit saam met ons adverteringdienste gebruik word, soos dié wat die DoubleClick-webkoekie gebruik, word Google Analytics-inligting deur die Google Analytics-kliënt of deur Google aan inligting oor besoeke aan veelvuldige werwe gekoppel met behulp van Google-tegnologie.

Inligting wat ons insamel wanneer jy by Google aangemeld is, bykomend tot inligting wat ons oor jou van ons vennote af verkry, kan met jou Google-rekening geassosieer word. Wanneer inligting met jou Google-rekening geassosieer word, behandel ons dit as persoonlike inligting. Besoek die Deursigtigheid en keuse-afdeling van hierdie beleid vir meer inligting oor hoe jy inligting wat met jou Google-rekening geassosieer word, kan bestuur of uitvee, of toegang daartoe kan verkry.

Hoe ons die inligting wat ons insamel, gebruik

Ons gebruik die inligting wat ons van al ons dienste af insamel om hierdie dienste te verskaf, te onderhou, te beskerm en te verbeter, om nuwe dienste te ontwikkel en om Google en ons gebruikers te beskerm. Ons gebruik ook hierdie inligting om aan jou pasgemaakte inhoud te bied − soos meer relevante soekresultate en advertensies.

Ons kan die naam wat jy vir jou Google-profiel verskaf het, vir al ons dienste gebruik wat ’n Google-rekening vereis. Daarbenewens kan ons vorige name wat met jou Google-rekening verbind word, vervang sodat jy konsekwent in al ons dienste verteenwoordig word. Indien ander gebruikers reeds jou e-pos of ander inligting wat jou identifiseer, het, kan jy vir hulle jou Google-profielinligting wat vir die publiek sigbaar is, wys, byvoorbeeld jou naam en foto.

As jy 'n Google-rekening het, sal ons dalk jou profielnaam, profielfoto en handelinge wat jy uitvoer op Google of in derdeparty-programme wat aan jou Google-rekening gekoppel is (soos +1'e, resensies wat jy skryf, en opmerkings wat jy plaas), in ons dienste wys, insluitend om dit in advertensies en ander kommersiële kontekste te wys. Ons respekteer die besluite wat jy maak om deling- of sigbaarheidsinstellings in jou Google-rekening te beperk.

Wanneer jy Google kontak, hou ons 'n rekord van jou kommunikasie om te help om enige kwessies wat jy dalk ervaar, op te los. Ons kan jou e-posadres gebruik om jou in te lig oor ons dienste, soos om jou te laat weet oor toekomstige veranderinge en verbeteringe.

Ons gebruik inligting wat van webkoekies en ander tegnologie verkry is, soos piekselmerkers, om jou gebruikerervaring en algemene gehalte van ons dienste te verbeter. Een van die produkte wat ons gebruik om dit op ons eie dienste te doen, is Google Analyics. Byvoorbeeld, deur jou taalvoorkeure te stoor, is ons in staat om ons dienste in die taal van jou keuse aan te bied. Wanneer ons vir jou gepasmaakte advertensies wys, sal ons nie 'n identifiseerder vanaf webkoekies of soortgelyke tegnologieë met sensitiewe kategorieë assosieer, soos dié wat op ras, godsdiens, seksuele oriëntasie of gesondheid gegrond is nie.

Ons outomatiese stelsels analiseer jou inhoud (insluitend e-pos) om aan jou persoonlik relevante produkkenmerke te bied, soos gepasmaakte soekresultate, gepasmaakte advertensies en die opsporing van strooipos en wanware.

Ons kan persoonlike inligting van een diens met inligting van ’n ander Google-diens kombineer, insluitend persoonlike inligting − byvoorbeeld om dit makliker te maak om dinge te deel met mense wat jy ken. Na gelang van jou rekeninginstellings kan jou aktiwiteit op ander werwe en programme met jou persoonlike inligting geassosieer word om Google se dienste en die advertensies wat deur Google gelewer word, te verbeter.

Ons sal jou toestemming vra voordat ons inligting vir ’n ander doel gebruik as dit wat in die privaatheidsbeleid uiteengesit is.

Google verwerk persoonlike inligting op ons bedieners in baie lande regoor die wêreld. Ons kan jou persoonlike inligting op ’n bediener verwerk wat buite die land geleë is waar jy woon.

Deursigtigheid en keuse

Mense se privaatheidsbehoeftes verskil. Ons doel is om dit duidelik te maak watter inligting ons insamel, sodat jy sinvolle keuses kan uitoefen oor hoe dit gebruik word. Byvoorbeeld, jy kan die volgende doen:

  • Hersien en dateer jou Google-aktiwiteitskontroles op om te besluit watter soort data, soos video's wat jy op YouYube gekyk het of vorige soektogte, jy graag saam met jou rekening gestoor wil hê wanneer jy Google-dienste gebruik. Jy kan ook hierdie kontroles besoek om te bestuur of sekere aktiwiteit in 'n webkoekie of soortgelyke tegnologie op jou toestel geberg moet word wanneer jy ons dienste gebruik terwyl jy nie by jou rekening aangemeld is nie.
  • Hersien en beheer sekere tipes inligting wat aan jou Google-rekening verbind is deur gebruik te maak van Google Dashboard.
  • Bekyk en wysig jou voorkeure vir die Google-advertensies wat op Google en op die web aan jou gewys word, soos die kategorieë waarin jy dalk sal belangstel, met gebruik van advertensie-instellings. Jy kan ook daardie webblad besoek om te onttrek van sekere Google-advertensiedienste.
  • Wysig hoe die profiel wat met jou Google-rekening geassosieer word, vir ander mense lyk.
  • Beheer met wie jy inligting deur jou Google-rekening deel.
  • Onttrek inligting wat met jou Google-rekening geassosieer word, uit baie van ons dienste.
  • Kies of jou profielnaam en profielfoto in gedeelde bekragtigings wat in advertensies verskyn, moet wys.

Jy kan ook jou blaaier stel om alle webkoekies te blokkeer, insluitend webkoekies wat met ons dienste geassosieer word, of om aan te dui wanneer ’n webkoekie deur ons gestel word. Dit is egter belangrik om te onthou dat baie van ons dienste dalk nie behoorlik sal funksioneer as jou webkoekies afgeskakel is nie. Byvoorbeeld, ons kan dalk nie jou taalvoorkeur onthou nie.

Inligting wat jy deel

Baie van ons dienste laat toe dat jy inligting met ander deel. Onthou dat wanneer jy inligting met die publiek deel, dit deur soekenjins geïndekseer kan word, insluitend Google. Ons dienste voorsien jou van verskillende opsies om jou inhoud te deel of te verwyder.

Kry toegang tot jou persoonlike inligting en dateer dit op

Wanneer jy van ons dienste gebruik maak, streef ons daarna om jou toegang tot jou persoonlike inligting te bied. As daardie inligting verkeerd is, streef ons daarna om jou maniere te bied om dit vinnig op te dateer of uit te vee − tensy ons daardie inligting moet hou vir geldige besigheids- of regsdoeleindes. Wanneer jy jou persoonlike inligting opdateer, kan ons jou vra om jou identiteit te bevestig voordat ons jou versoek kan uitvoer.

Ons kan dalk versoeke verwerp wat onredelik herhaal word, buitensporige tegniese inspanning vereis (byvoorbeeld, die ontwikkeling van 'n nuwe stelsel of fundamentele veranderings aan 'n bestaande praktyk), die privaatheid van ander mense bedreig, of uiters onprakties sou wees (byvoorbeeld, versoeke met betrekking tot inligting wat op ons rugsteunstelsels lê).

Waar ons toegang tot inligting en die korrigering daarvan kan verskaf, sal ons dit gratis doen, behalwe waar dit ’n uitsonderlike hoeveelheid moeite gaan verg. Ons streef daarna om ons dienste op ’n wyse te onderhou wat inligting beskerm teen toevallige of kwaadwillige beskadiging. Om hierdie rede sal ons nie dadelik oorblywende kopieë van ons aktiewe bedieners uitvee wanneer jy inligting van ons dienste uitvee nie, en ons sal dalk nie inligting van ons rugsteunbedieners uitvee nie.

Inligting wat ons deel

Ons deel nie persoonlike inligting met maatskappye, organisasies en individue buite Google nie, tensy een van die volgende omstandighede van toepassing is:

  • Met jou toestemming

    Ons sal persoonlike inligting met maatskappye, organisasies of individue buite Google deel as ons jou toestemming het om dit te doen. Ons vereis jou goedkeuring vir die openbaarmaking van enige sensitiewe persoonlike inligting.

  • Met domeinadministrateurs

    Indien jou Google-rekening vir jou deur ’n domein-administrateur bestuur word (byvoorbeeld vir G Suite-gebruikers), dan sal jou domeinadministrateur en herverkopers wat gebruikersteundiens aan jou organisasie verskaf, toegang tot jou Google-rekeninligting hê (insluitend jou e-pos en ander data). Jou domeinadministrateur kan in staat wees tot die volgende:

    • kyk na statistiek oor jou rekening, soos statistiek oor die programme wat jy installeer.
    • verander jou rekeningwagwoord.
    • skort op of beëindig jou rekeningtoegang.
    • verkry toegang tot, of behou, inligting wat as deel van jou rekening gestoor is.
    • ontvang jou rekeninginligting om te voldoen aan die relevante wet, regulasie, regsproses of afdwingbare regeringsversoek.
    • beperk jou vermoë om inligting of privaatheidinstellings uit te vee of te redigeer.

    Verwys asseblief na jou domeinadministrateur se privaatheidsbeleid vir meer inligting.

  • Vir eksterne verwerking

    Ons verskaf persoonlike inligting aan ons geaffilieerde of ander betroubare besighede of persone om dit vir ons te verwerk, gebaseer op ons instruksies en in ooreenstemming met ons privaatheidsbeleid en ander relevante vertroulikheids- en sekuriteitsmaatreëls.

  • Weens wetlike redes

    Ons sal persoonlike inligting met maatskappye, organisasies of individue buite Google deel as ons in goeder trou glo dat die toegang, gebruik, bewaring of openbaarmaking van die inligting redelikerwys nodig is om:

    • voldoen aan enige toepaslike wet, regulasie, regsproses of afdwingbare regeringsversoek.
    • die relevante diensbepalings af te dwing, insluitend die ondersoek na die potensiële oortreding daarvan.
    • bedrog op te spoor, te voorkom of andersins sekuriteits- of tegniese kwessies aan te spreek.
    • te beskerm teen benadeling van die regte, eiendom of veiligheid van Google, ons gebruikers of die publiek soos deur die wet vereis of toegelaat.

Ons kan dalk inligting wat nie persoonlik identifiseerbaar is nie, met die publiek en ons vennote deel – soos uitgewers, adverteerders of gekoppelde werwe. Byvoorbeeld, ons kan inligting met die publiek deel om tendense oor die algemene gebruik van ons dienste te toon.

As Google betrokke sou wees in ’n samesmelting, oorname of bateverkope, sal ons voortgaan om die vertroulikheid van enige persoonlike inligting te verseker, en aan die betrokke gebruikers kennis gee voordat persoonlike inligting oorgedra word, of onderhewig raak aan ’n ander privaatheidsbeleid.

Inligtingsekuriteit

Ons werk hard om Google en ons gebruikers te beskerm teen ongemagtigde toegang of verandering, openbaarmaking of vernietiging van inligting waaroor ons beskik. Wat ons veral doen:

  • Ons enkripteer baie van ons dienste deur SSL te gebruik.
  • Ons bied aan jou ’n tweestap-verifikasieproses wanneer jy toegang tot jou Google-rekening wil kry, en ’n veilige deurblaaifasiliteit in Google Chrome.
  • Ons hersien ons praktyk oor die insameling, berging en verwerking van inligting, insluitend fisiese sekuriteitsmaatreëls, om te waak teen ongemagtigde toegang tot ons stelsels.
  • Ons beperk toegang tot persoonlike inligting deur werknemers, kontrakteurs en agente van Google wat kennis moet dra van hierdie inligting om dit vir ons te kan verwerk, en wat onderworpe is aan streng kontraktuele vertroulikheidsvereistes en wat gedissiplineer of afgedank kan word as hulle nie aan hierdie vereistes voldoen nie.

Wanneer hierdie privaatheidsbeleid van toepassing is

Ons privaatheidsbeleid is van toepassing op al die dienste wat deur Google LLC en sy geaffilieerdes aangebied word, insluitend YouTube, dienste wat Google op Android-toestelle voorsien, en dienste wat op ander werwe aangebied word (soos ons advertensiedienste), maar sluit dienste uit wat aparte privaatheidsbeleide het wat nie hierdie privaatheidsbeleid insluit nie.

Ons privaatheidsbeleid is nie van toepassing op dienste wat deur ander maatskappye of individue gelewer word nie, insluitend produkte of webwerwe wat aan jou in soekresultate gewys kan word, webwerwe wat Google-dienste insluit, of ander webwerwe wat aan ons dienste geskakel is. Ons privaatheidsbeleid dek nie die inligtingspraktyk van ander maatskappye en organisasies wat ons dienste adverteer en wat webkoekies, piekselmerkers en ander tegnologie kan gebruik om relevante advertensies aan te bied nie.

Voldoening en samewerking met regulerende owerhede

Ons gaan gereeld ons voldoening aan ons privaatheidsbeleid na. Ons kom ook verskeie selfreguleringsraamwerke na, insluitend die EU-US and Swiss-US Privacy Shield Frameworks. Wanneer ons formele geskrewe klagte ontvang, kontak ons die persoon wat die klag ingedien het om dit op te volg. Ons werk met die relevante reguleringsowerhede, insluitend plaaslike databeskermingsowerhede, saam om enige klagte oor die oordrag van persoonlike data op te los wat ons nie direk met ons gebruikers kan oplos nie.

Veranderinge

Ons privaatheidsbeleid kan van tyd tot tyd verander. Ons sal nie jou regte onder hierdie privaatheidsbeleid inkort sonder jou uitdruklike toestemming nie. Ons sal enige verandering aan ons privaatheidsbeleid op hierdie blad aankondig, en as die veranderinge beduidend is, sal ons ’n meer prominente kennisgewing voorsien (insluitend ’n kennisgewing via e-pos van veranderinge aan die privaatheidsbeleid vir sekere dienste). Ons sal ook vorige weergawes van die privaatheidsbeleid in ’n argief hou sodat jy daarna kan terugverwys.

Spesifieke produkpraktyke

Die volgende kennisgewings verduidelik spesifieke privaatheidpraktyke met betrekking tot sekere Google-produkte en -dienste wat jy dalk mag gebruik:

Vir meer inligting oor sommige van ons gewildste dienste, kan jy die Google-produkprivaatheidgids besoek.

Nog nuttige privaatheid- en sekerheidverwante materiaal kan gevind word deur Google se beleid- en beginselbladsye, insluitend:

Ons hou jou persoonlike inligting privaat en veilig – en stel jou in beheer.

Kom meer te wete oor ons verbintenis tot jou privaatheid en sekuriteit.